Siberiese Trappe

Die omvang van die Siberiese Trappe. (Kaart in Duits.)

Die Siberiese Trappe (Russies: Сибирские траппы, Sibirskije trappi) is ’n groot magmaprovinsie in Siberië. Die enorme uitbarstings in die gebied stem ooreen met die einde van die Perm (sowat 251 tot 250 miljoen jaar gelede), die tyd van die grootste uitwissing van lewensvorme op aarde. Die uitbarstings het sowat ’n miljoen jaar voortgeduur en is een van die moontlike redes dat die meeste diere van dié tydperk in die Perm-Trias-uitwissing gesterf het. Dit is een van die grootste bekende vulkaniese uitbarstings in die laaste 500 miljoen jaar van die aarde se bestaan.

Die naam "Trappe" kom van die trapvormige heuwels van die landskap. Die gebied beslaan vandag sowat 2 miljoen km2 en daar word geskat dat die oorspronklike gebied tot 7 miljoen km2 groot kon gewees het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy